Die Langebaan-polisie se misdaadvoorkomingseenheid bied, in samewerking met die Langebaan Thusong-sentrum, Langebaan-gemeenskapspolisiëringsforum, die Saldanhabaai-munisipaliteit en Langebaanse buurtwagte, ‘n “Off-the-Street”-skoolvakansieprojek by die Langebaan Primêr aan.

Die projek vind daagliks van 11:00 tot 17:00 gedurende die skoolvakansie plaas en bied gratis vyf-aan-‘n-kant-sokker en -netbal vir kinders.

Kos en water sal aan alle deelnemers voorsien word.

Gemeenskapslede wat as vrywilligers by die projek wil aansluit om te help, kan sers. Fagmeda Carelse by 072 663 9898 kontak.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article