Fabriek in Atlantis sluit dalk:
– Shame die arme mense wat sonder werk gaan wees. – Edna Slabbert
– Hoeveel ondernemings moes al toemaak weens vakbonde met te hoë salaris-eise en natuurlik het hoë kragtariewe ook sy tol geëis? – Carl Fourie
Joey Pieters aangewys as inspekteur:
– May God’s favour continue to rest upon your life, my brother, and congratulations on your appointment as Inspector! Many, many congratulations from me, and also from the Search and Rescue team in Vredenburg.
– You have always been available, caring, and full of humour. You truly walk the walk and talk the talk. This promotion is well deserved, and I believe it comes from God.Enjoy this new chapter, my brother. Love you, and may God continue to bless you abundantly. – Dougy Hector
– Ek ken jou nie persoonlik nie, maar ek kan sien hoe toegewyd jy is aan wat jy doen en wat dit vir mense beteken. Baie dankie vir die diens wat jy lewer en vir die verskil wat jy maak. Mag die Here se goedheid en guns jou elke dag volg. Seën en sterkte vir die pad vorentoe. – Liana Abeln
– Baie geluk, jongman! Die Here se guns rus op jou. Jy gaan nog baie ver kom in die lewe. Die feit dat jy weet hoe jy gekom het waar jy vandag is, en dat dit alles louter genade is, getuig van nederigheid. Mag die Here jou aanhou seën en lei op elke tree van jou pad. – Charl Ruiter
Eienaar se hart breek oor hond:
– Dis vir mense wat hul diere as kinders beskou ‘n goeie berig. Alles hoef nie net oor politiek, moord en klipgooiery te wees nie. As die berig nie jou aandag trek nie, beweeg aan na die volgende. Niemand sal altyd 100% tevrede wees nie, maar respekteer Weslander wat nog vir ons nuus deel. – Ernita van Rhyn
– Jinne, my bors raak sommer weer warm. Presies dieselfde het met my gebeur, en dit was regtig baie verkeerd. Hoe vat julle net iemand se hond sonder die eienaar se toestemming? Toe ek bel, is daar vir my gesê die hond is uitgesit, terwyl hy toe reeds by iemand anders was. Nou glo daardie persoon ons het haar sommer net weggegooi of verlaat. Dit is nie reg nie. Sulke situasies kon maklik voorkom word as daar behoorlike kommunikasie en toestemming was. –NezKbumz Cloete



