Maak hierdie Kersfees vir 250 pleegkinders spesiaal.
Maak hierdie Kersfees vir 250 pleegkinders spesiaal.

Help maak Kersfees vir 250 pleegkinders spesiaal


VREDENBURG – Badisa Weskus doen ‘n beroep op die gemeenskap om in die komende Kerstyd ‘n verskil in die lewens van 250 pleegkinders te maak deur geskenke te skenk wat vreugde en hoop sal bring. Die organisasie wil verseker dat kinders onder sy sorg tydens die feestyd spesiaal voel en die vreugde van Kersfees kan ervaar.

Die kinders wissel van pasgeborenes tot tieners van 18 jaar, met seuns en meisies onder dié wat op die ondersteuning staatmaak.

Die gemeenskap word aangemoedig om onder meer skoenboksgeskenke, speelgoed, boeke, skryfbehoeftes, speletjies, toiletware, klere en ander nuttige items te skenk.

Skenkings hoef nie vooraf toegedraai of in geskenkbokse verpak te wees nie.

Badisa Weskus se span sal die items volgens die kinders se ouderdomme en behoeftes sorteer, verpak en gereed maak vir die verspreiding.

Die geskenke sal gedurende die laaste week van die Desember-skoolkwartaal versprei word, met die doel om soveel moontlik van die kinders se Kersfees ‘n spesiale geleentheid te maak.

Die publiek kan skenkings by Badisa Weskus se kantoor by Houtstraat 28, Vredenburg aflewer.

Kontak Nzondie Ngalwana of Estefan Saal by 022 713 1723 vir verdere navrae of om reëlings vir skenkings te tref.

Kontak Badisa Weskus op WhatsApp by 061 677 5497 of stuur e-pos by admin@badisawk.org.za vir nog inligting.

LEES OOK: Gaste hoor wat Badisa doen

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 November 2026
    Weslander E-Edition – 5 October 2026

Gift this article