‘n Gedrewe Langebaan-speler bars deur Young Hearts se goeie verdediging.

Hearts uitoorlê Langebaan


Die tweede ronde van Boland-rugby se Weskus-Grootuitdaagbekerkompetisie is nou in volle gang.

Hoewel Langebaan vir Young Hearts vir meer as 60 minute in toom gehou het, kon hulle steeds nie die spook van die Grafkelder verdryf nie en moes tevrede wees met een punt uit die wedstryd nadat hulle met 16-20 vasgeval het.

Vir Melbourne Davids en sy span was dit een van die moeilikste wegwedstryde, al is dit nie ontmoontlik om vir Hearts in hul agterplaas te stop nie.

Langebaan se agterlyn het vanuit die staanspoor lus gelyk vir hardloop en Hearts se agterlyn in die eerste 15 minute getoets. Net goeie verdediging deur Hearts se agterlyn het Langebaan in toom gehou.

Hearts is vroeg in die wedstryd vir onkantspel gestraf, wat Langebaan se Elroy Smith in punte vir ‘n vroeë voorsprong van 3-0 omskep het. Terwyl Hearts nog sy voete gevind het, het Smith weer ‘n strafskop oorgeklits, nadat Hearts weer aan die verkeerde kant opgeduik het.

Langebaan, wat die toon van die wedstryd bepaal het, is met ‘n Dillon Liedeman-breekslag en ‘n fop-aangee uitoorlê, toe hy 15 meter nael en sy agterlyn op loop sit. Dit het die vinnige Jardine Apollis op die linkerkant gevind en hy het hakskene vir sy opponent gewys om in die linkerhoek te gaan afrond. Tyrique Marais het verdoel om die teling na 7-6 te verander, wat ook die rustydtelling was.

Hoewel Hearts se aanvalle laat in die eerste helfte vrugte afgewerk het, het hulle beslis Langebaan se houvas op die wedstryd in die laaste minute van die eerste helfte gebreek.

In die tweede helfte was daar bitter min te kies tussen die twee spanne. Beide het hul verdediging opgeknap. Langebaan het egter die voortou geneem met ‘n strafskop en ‘n verdoelde drie, terwyl Hearts met twee vinnige strafskoppe geantwoord het om en die telling na 13-16 te laat krimp.

Met die ratse Ean Page agter die oond het Hearts sy opponent hoofbrekens besorg wanneer hy gebreek het. Met amptelike speeltyd verstreke, het Hearts in Langebaan se 22 meter kamp opgeslaan.

Met ‘n finale losskrum twee meter weg van Langebaan se doellyn en die horlosie wat die sekondes aftik, het Page die bal agter ‘n losskrum opgepik en drie Langebaan-verdedigers saam met hom oor die doellyn geneem en die wendrie gedruk. Marais se doelskop was tussen die pale deur, wat Hearts ‘n welverdiende oorwinning van 20-16 te besorg het.

Hoewel dit gelyk het Hearts se dae getel is, het hul kanniedood-houding uitgestaan.

Dit is wat hulle so gevaarlik maak, hierdie laaste 10 minute op die Grafkelder. Dit is ‘n les wat baie Weskusspanne al op die Grafkelder geleer het, en die afgelope Saterdag was dit Langebaan se beurt.

• Uitslae: Weskus: Paternoster 31-26 Saldanha Tigers, Piketberg 31-36

St. Helenabaai, Saldanhabaai 93-5 Steenberg’s Cove, Velddrif 39-38 Hopefield, Vredenburg 28-0 Goedverwacht, Young Hearts 20-16 Langebaan.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 2 July 2026
    Weslander E-Edition – 2 June 2026

Gift this article