Die beweerde riool-uitloop waaroor inwoners bekommderd is.

G’n riool stort in see, sê SBM nadat inwoners kla


Wat vermoedelik riool was wat na bewering by die strand in Saldanha in die water gevloei het, is onlangs deur die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) ondersoek.

Inwoners het vroeër hul kommer aan Weslander en op sosiale media ­­hieroor uitgespreek.

Volgens Tereza Burger, woordvoerder van die SBM, het die munisipaliteit op Donderdag 13 Augustus om 09:26 ‘n klagte daaroor ontvang en die betrokke departement het die saak onmiddellik ondersoek.

Burger sê die betrokke stormwateruitlaat is naby die Saldanha-vakansieoord geleë.

“Met hoogwater druk die seewater terug in die stormwaterstelsel. Met laagwater kan al die water nie na die see terugtrek nie weens die sandwal en seewier. Die water dam dus by die kopmuur op,” het sy gesê.

Sy het beklemtoon dat daar geen ­rioolstorting was nie. “Al die betrokke munisipale pompstasies was operasioneel,” het Burger gesê.

Volgens haar is die pompstasies reeds om 07:00 geïnspekteer en weer om 10:00 nagegaan as deel van die ondersoek en beoordeling van die situasie. Dit is dus water wat by die stormwateruitlaat opgegaar het weens getytoestande.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article