VREDENBURG – Weslander en Pana-rottis bedank al die jong kunstenaars wat aan vanjaar se inkleurkompetisie deelgeneem het.
Die wenner is die negejarige Emily Jade Gordon, wat die beoordelaars met haar netjiese en kleurvolle inskrywing beïndruk het.

Emily ontvang ‘n geskenkbewys, geborg deur Weslander en Panarottis, as beloning vir haar kreatiwiteit.
Baie geluk aan Emily, en dankie aan elke kind wat deelgeneem het.
Weslander sien reeds uit na volgende jaar se inkleurkompetisie.




