Skilder met woorde en geniet ‘n kans om te wen.

Leerders kan wen met kuns oor Afrikaanse liedjies


Jong kunstenaars met ‘n liefde vir Afrikaanse musiek kan weer hul kreatiwiteit uitleef met die tweede Skilder met Woorde-kompetisie wat deur Afrikaans.com aangebied word.

Die kompetisie volg op die sukses van die eerste Skilder met Woorde-projek in 2021, waartydens leerders uitgenooi is om een van Anton Goosen se liedjies in ‘n kunswerk uit te beeld.

Volgens die kunstenaar Elsie Jooste, die dryfkrag agter die projek, is die kompetisie vanjaar weer van stapel gestuur ná talle navrae van ouers en leerders wat aan die vorige kompetisie deelgeneem het.

“Die inskrywings van ons eerste kompetisie het ons oorweldig. Ek is ‘n groot voorstander van kuns in skole, en daarom is dit belangrik om so ‘n kompetisie aan leerders bekend te stel. Dit gee ook aan tuisonder-

rigleerders die geleentheid om hul kreatiewe talente uit te leef,” sê Jooste.

Leerders kan vanjaar uit 15 bekende Afrikaanse liedjies kies om as inspirasie vir hul kunswerke te dien. Die liedjies strek van klassieke treffers tot meer onlangse gunstelinge.

“Die liedjies wat ek gekies het, sing ‘n prentjie. Wanneer leerders daarna luister, kan hulle hul eie interpretasie op doek of papier vasvang,” verduidelik sy.

Die beoordelaars van vanjaar se kompetisie is Jooste en die bekende sanger en kunstenaar Jan Blohm. Kunswerke sal volgens uitbeelding, emosie, komposisie en tegniek beoordeel word, en deelnemers mag enige kunsmedium gebruik.

Jooste het ook ‘n kreatiewe bemar-

kingsinisiatief bekend gestel deur ‘n ou kombi aan te koop wat na skole sal toer om die kompetisie te bevorder. Leerders sal die geleentheid kry om die voertuig verder te versier, terwyl die kombi se reis op sosiale media gevolg kan word.

Die kompetisie is oop vir laer- en hoërskoolleerders. Inskrywings sluit op Donderdag 30 Julie, nadat die sperdatum verleng is om leerders meer tyd gedurende die skoolvakansie te gee.

Deelnemers het ‘n kans om kontantpryse ter waarde van R28 000 te wen. In beide die laer- en hoërskoolafdelings ontvang die eerstepryswenner R3 000, terwyl die wenner se skool ook R8 000 ontvang. Tweede en derde pryse beloop onderskeidelik

R2 000 en R1 000.

Leerders moet ‘n hoëresolusie-foto van hul kunswerk, saam met hul naam, graad, skool en die naam van die liedjie waarop die kunswerk gebaseer is, per e-pos indien.

Om in te skryf besoek www.afrikaans.com vir meer inligting.

Wenners sal gedurende die tweede week van September aangekondig word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 2 July 2026
    Weslander E-Edition – 2 June 2026

Gift this article