Skryf jóú kunswerk vóór 30 Julie in. Foto: ChatGPT

Kunskompetisie gee lewe aan Afrikaanse liedjies


Die Skilder met Woorde-kompetisie is terug. Jong kunstenaars met ‘n liefde vir Afrikaanse musiek kan weer hul kreatiwiteit uitleef met Afrikaans.com se tweede Skilder met Woorde-kompetisie.

Leerders kan uit 15 bekende Afrikaanse liedjies kies en hul eie interpretasie daarvan in enige kunsmedium uitbeeld. Werke word beoordeel deur die kunstenaar Elsie Jooste en sanger-kunstenaar Jan Blohm.

Die kompetisie is oop vir laer- en hoërskoolleerders. Inskrywings sluit op 30 Julie nadat die sperdatum verleng is.

Geldpryse van R28 000 is op die spel. Die wenner in elke afdeling ontvang R3 000, terwyl sy of haar skool R8 000 wen. Tweede en derde pryse is onderskeidelik R2 000 en R1 000.

Besoek afrikaans.com vir nog inligting of om in te skryf. Die wenners sal in die tweede week in September aangekondig word.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 16 July 2026
    Weslander E-Edition – 16 July 2026

Gift this article