Hoërskoolleerders wat hou van kosmaak word uitgenooi om aan S.T.I.R. Weskus deel te neem.

S.T.I.R. Weskus is ‘n kookkompetisie vir alle skoolgaande tieners – of hulle nou ‘n staatskool, privaatskool of tuisskool bywoon. S.T.I.R. staan vir skills, talent, innovate en reinvent.

Die kompetisie is oop vir deelnemers wat tussen 2007 en 2011 gebore is.

Belangstellende jong kosskeppers word aangemoedig om nou in te skryf en ‘n kans te staan om groot pryse te wen.

Die inskrywingsfooi beloop R500, met Saterdag 31 Maart as die sluitingsdatum.

Fase 1 vereis dat deelnemers ‘n video maak waarin hulle hul gunstelingdis voorberei. Die video moet saam met ‘n kort opstel gestuur word, waarin die deelnemers hulself voorstel, verduidelik waar hul liefde vir kos vandaan kom, en waarom hulle graag aan die kompetisie wil deelneem. Stuur inskrywings per e-pos aan stirweskus@gmail.com.

Alle winste wat uit die kompetisie gegenereer word, sal in die plaaslike gemeenskap teruggeploeg word.

Volg S.T.I.R. Weskus op Facebook by “STIR Weskus” vir belangrike inligting en opdaterings oor die kompetisie.

• Weslander is die mediaborg van S.T.I.R. Weskus.

[geen caption]

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article