Vakansiegangers en kampeerders moet in die Weskus, net soos in enige ander deel van die land, waaksaam bly.

Ons mooie land het geen streek meer waar verblyf- of kampeerplekke nié deurloop onder opportunistiese diewe wat in die nanag loop en kyk vir oop vensters of deure nie.

Berigte oor ‘n paartjie van KwaZulu-Natal, wat die afgelope naweek besteel is terwyl hulle by Tietiesbaai by Paternoster gekampeer het, is in beriggewing uit verband geruk en gesensasionaliseer.

Paternoster loop nie méér onder diefstal deur as byvoorbeeld Langebaan of ­Saldanha nie.

Uit kommentaar op sosiale media oor die voorval is dit duidelik dat mense landwyd onder diefstal by kampeerplekke deurloop.

Waarom een voorval uitsonder?

Of lê die probleem daarin dat vakansiegangers na “ongerepte”, “idilliese” en “rustige” vakansieplekke gelok word, maar dan nie voldoende ingelig word oor plaaslike misdaadneigings nie?

Die Weskus en soortgelyke bestemmings staan nie afgesonder van die res van die land nie – al die maatskaplike euwels wat aanleiding gee tot misdaad, is ook hier teenwoordig.

Berus die onus by gastehuis-eienaars of oordbestuurders om toeriste daaraan te herinner dat misdaad steeds ‘n werklikheid is, of is dit common sense dat ‘n mens in Suid-Afrika te alle tye waaksaam moet bly; alles altyd uit die oog en agter slot en grendel moet hou – maak nie saak waar jy jou bevind nie?

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 7 May 2026
    Weslander E-Edition – 7 May 2026

Gift this article