Die redding van ‘n ontvoerde Kaapse sakeman uit ‘n huis in Diazville, Saldanha, behoort elke inwoner in die Saldanhabaai-munisipale gebied te laat regop sit.

Volgens berigte is die man vir byna ‘n week aangehou en gemartel voordat die Wes-Kaapse teenontvoeringseenheid hom gered het. Nege verdagtes is in verband met die saak in hegtenis geneem.

Die meeste inwoners het egter eers daarvan gehoor toe die polisie toegeslaan het.

Dit laat ‘n ongemaklike vraag: Hoeveel gebeur onder ons neus waarvan ons niks weet nie?

Misdaad floreer in die skaduwees, maar dieselfde kan soms van die politiek en openbare instellings gesê word. Te dikwels hoor gemeenskappe eers van probleme wanneer dit reeds ‘n krisis geword het. Dan volg ontkenning, verskonings, vingerwys of eenvoudig geen kommentaar nie.

Belastingbetalers verwag nie dat alles altyd glad verloop nie. Almal verstaan dat daar uitdagings, mensgemaakte foute en misverstande kan insluip. Wat hulle wel verdien, is eerlike kommunikasie.

Openheid bou vertroue. Geheimhouding vernietig dit. Wanneer feite weerhou word, verdwyn probleme nie, dit skep net ruimte vir gerugte en wantroue.

‘n Gesonde gemeenskap word gebou op verantwoordbaarheid, eerlikheid en die bereidheid om oplossings te soek.

Die Weskus verdien beter as ‘n skouerophaling.

Wanneer iets verkeerd loop, moet die fokus wees op die waarheid en hoe om dit reg te stel, nie om dit toe te smeer nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 June 2026
    Weslander E-Edition – 4 June 2026

Gift this article