SALDANHA – Bouwerk aan die Felicita-winkelsentrum op die hoek van Hoofweg en Pescadorestraat, reg langs die sportstadion, vorder goed.
Na vele bespiegelinge is Checkers onlangs as die ankerhuurder bevestig. Die sentrum sal ook verskeie bekende kettingwinkels huisves, terwyl ‘n mediese sentrum deel van die ontwikkeling sal vorm.
Volgens die ontwikkelaars behoort die projek teen September ver gevorderd wees.
Hou Weslander dop vir die jongste nuus en verdere aankondigings oor dié ontwikkeling.





