Bejaarde egpaar wat van miljoene se bedrog aangekla is, dood aangetref

Polisiebeamptes en noodpersoneel op die toneel in Jacobsbaai waar ’n bejaarde egpaar doodgeskiet gevind is. Foto: Alida Buckle

JACOBSBAAI – Op ’n piekniekbankie, met ’n uitsig oor die wit huise en blou baai, is ’n bejaarde egpaar Maandag 31 Augustus dood aangetref.

Die man en vrou is vroegoggend in stapskoene, langbroeke en winddigte baadjies langs mekaar op ’n bankie gekry, albei met skietwonde.

Die polisie en ander nooddienste is ontbied, waarna ’n volledige forensiese ondersoek op die toneel gedoen is.

Speurders van die Saldanha-polisie ondersoek die omstandighede rondom die egpaar se dood, en selfdood word as een van die moontlikhede oorweeg.

Die toneel in Jacobsbaai waar die egpaar dood aangetref is. Foto: Alida Buckle
Die toneel in Jacobsbaai waar die egpaar dood aangetref is. Foto: Alida Buckle

Volgens kapt. Tania Helfrich, ‘n Weskus-polisiewoordvoerder, het gesê volgens die dossier die egpaar ʼn bedrogklag van meer as R7 miljoen rand in die gesig gestaar het.

’n Sakeman van Citrusdal beweer dat sowat R7 355 651 in 2020 en 2021 uit sy onderneming verduister is en dat dokumente vervals is. Die beweerde ongerymdhede het tydens ’n oudit van die onderneming se boeke aan die lig gekom.

Die egpaar en nog ‘n familielid is op Woensdag 12 Augustus amptelik van bedrog aangekla en sou vandag in die Citrusdal-landdroshof verskyn het.

Hierdie is ’n brekende nuusstorie. Meer besonderhede is nog nie beskikbaar nie, en Weslander sal die ontwikkeling van die saak volg en verdere inligting publiseer sodra dit bevestig is.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 August 2026
    Weslander E-Edition – 27 August 2026

Gift this article