CITRUSDAL – ’n Man sal na verwagting vandag in die Lambertsbaai-landdroshof verskyn nadat die polisie hom in hegtenis geneem het in verband met die besit van ongelisensieërde vuurwapens.
Volgens sers. Wesley Twigg, ‘n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het lede van die Citrusdal-polisie Saterdagoggend 29 Augustus omstreeks 01:30 inligting oor ongelisensieërde vuurwapens ontvang.

Die polisie het onmiddellik na ’n adres in Park 55, Citrusdal, gegaan en dit deursoek.
Tydens die deursoeking is twee ongelisensieerde vuurwapens en altesaam 149 rondtes ammunisie van verskillende kalibers gevind.
’n 39-jarige man is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die onwettige besit van ammunisie.
Hy sou na verwagting Maandag 31 Augustus sy eerste verskyning in die Lambertsbaai-landdroshof maak.





You must be logged in to post a comment.