SALDANHA – ‘n 65-jarige man is in Diazville in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ses patrone by sy woning gevind het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder van die Weskuspolisie, het lede van openbare-orde-polisiëring Maandagoggend (20 Julie) op inligting gereageer oor ‘n vuurwapen wat na ‘n spesifieke adres in Baaiweg verskuif is.

Die polisie het ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ses .38-patrone tydens die deursoek van ‘n huis in Diazville, Saldanha, gekonfiskeer. FOTO: SAPS

Die polisielede het na die woning gegaan en met die eienaar se vrywillige toestemming die perseel deursoek.

‘n Ongelisensieerde vuurwapen en ses .38-patrone is tydens die deursoeking in die woning gevind.

Die 65-jarige eienaar is daarna in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Hy sal in die landdroshof in Vredenburg verskyn sodra hy aangekla is.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 16 July 2026
    Weslander E-Edition – 16 July 2026

Gift this article