Die groep leerders insluitend raadslid Jakobus Daniels (Portefeuljevoorsitter van die Finansiële Dienste- en Ekonomiese Ontwikkelingskomitees) en Filicia Erasmus (Administratiewe Beampte: Strategiese Dienste).

‘n Afvaardiging van die Bergrivier-munisipaliteit (BM) het verlede week na die gemeente Heist-op-den-Berg in België gereis as deel van hul langdurige samewerkingsooreenkoms sedert 2014.

Die afvaardiging word gelei deur Ray van Rooy, die uitvoerende burgemeester van BM.

‘n Jeuguitruilprogram vorm ook deel van hierdie voortgesette verhouding tussen die susterstede, waardeur 10 leerders van die BM se vier hoërskole op Vrydag 27 Maart na België vertrek het om hul horisonne wat jeugontwikkeling betref, te verbreed.

Hierdie program sal onder meer die leerders toelaat om idees en ervarings met die jeug in Heist uit te ruil, betrokke te raak by sake van die samelewing en saam te werk aan die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte wat deur die Verenigde Nasies gestel is. Dit is die laaste jaar van die jeuguitruilprogram.

Die leerders wat deel is van vanjaar se jeuguitruilprogram sluit in:

Jay-Lee Gal: Steynville Sekondêr

Corban de Klerk: Steynville Sekondêr

Priyanka Swarts: Steynville Sekondêr

Shanielle Witbooi: Steynville Sekondêr

Jayde Waanar: Hoërskool Piketberg

Jan Thys Basson: Hoërskool Piketberg

Zinric-Dean Josephus: Hoërskool Porterville

Zané Prins: Hoërskool Porterville

Natasha Smith: Hoërskool Velddrif

Jayron Galant: Hoërskool Velddrif

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article