Lede van die Vredenburg-polisie het ‘n 41-jarige vrou wat landwyd met verskeie sake van bedrog verbind word verlede week op die dorp in hegtenis geneem.

Charmaine Heath, wat op 18 Junie 42 jaar oud word, het verlede Vrydag (29 Mei) vlugtig in die Vredenburg-landdroshof verskyn nadat sy vroeër die oggend op ‘n lasbrief in hegtenis geneem is. Sy is gedurende die naweek na Mosselbaai oorgeplaas, waar sy weens verskeie aanklagte gesoek word.

Charmain Heath
Charmaine Heath

Volgens kapt. Tania Helfrich, distriks-woordvoerder van die Weskus-polisie, is verskeie klagte van diefstal en aanranding met die doel om ernstig te beseer op verskeie plekke in die land oor die jare teen Heath aanhangig gemaak.

“In baie van die gevalle was die klaers mans wat beweer hulle is deur haar ingedoen. In 2012 is Heath skuldig bevind aan diefstal nadat sy juweliersware ter waarde van R25 200 van ‘n man van Genadendal in die Wes-Kaap gesteel het. In dieselfde tydperk is sy ook skuldig bevind aan die diefstal van huishoudelike items ter waarde van bykans R2 000 van ‘n ander man in Genadendal.

“Later dieselfde jaar, in Oktober 2012, is sy in ‘n saak in Malmesbury aan winkeldiefstal skuldig bevind nadat sy jeans uit ‘n winkel gesteel het. In ‘n Vredenburg-saak van 2018 het Heath glo aan ‘n man, wat oorsee gewerk het, voorgehou dat sy swanger is en sowat R250 000 van hom geëis. Volgens inligting het sy later erken dat sy nooit swanger was nie nadat die man aangedring het om die kind te sien.”

Volgens hofrekords dateer haar eerste botsing met die gereg toe sy 19 jaar oud was en van diefstal van ‘n selfoon in Malmesbury aangekla is. Die saak is egter later teruggetrek.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 June 2026
    Weslander E-Edition – 4 June 2026

Gift this article