• Een neef het die ander neef op Saterdag 12 Julie omstreeks 05:30 in Clanwilliam met ‘n mes in die nek gesteek. Lebohang Ntsau (26) van Lesotho het met sy aankoms by die hospitaal gesterf. Busa Ntsau (26) het Maandag (14 Julie) in die Clanwil- liam-landdroshof verskyn.
• ‘n Piketbergse man sterk tans in die hospitaal aan nadat sy stiefseun hom Saterdag (12 Julie) met ‘n bottelnek gesteek het. Ethan Swarts (26) het sy 36-jarige stiefpa verskeie kere in die gesig en op die kop gesteek. Swarts het Maandag (14 Julie) in die Piketberg-landdroshof verskyn.
• ‘n 19-jarige man was Vrydag (11 Julie) om 07:15 in Malmesbury op pad werk toe toe twee mans hom genader en gegryp het. Een van die rowers het ‘n vuurwapen uitgehaal en die slagoffer in die linkerskouer geskiet voordat hulle weggehardloop het. Net vyftien minute later, om 07:30, is twee skote op ‘n 38-jarige man in Malmesbury agter sy hokkie in Kanariestraat geskiet. Die aanvaller het nog twee skote geskiet voordat hy gevlug het. Die slagoffer het mediese behandeling ontvang.
• Die man wat verlede Saterdag (5 Julie) in St. Helenabaai deur ‘n aankomende voertuig getref is, was die 59-jarige Johan Jonker. Verbygangers het omstreeks 22:00 in Hoofstraat op sy lewelose liggaam afgekom. Jonker is op die toneel dood.





