Shogan Braaf en Jameel Leonard probeer n verskil maak in die bende geteisterde Sherwoodpark. Foto: Murphy Roberts

Twee jongmanne sit self skouer aan die wiel

Shogan Braaf en Jameel Leonard probeer n verskil maak in die bende geteisterde Sherwoodpark. Foto: Murphy Roberts

“Ons probeer net ‘n verskil maak en hoop ons kan werk vir onsself skep.”

Dit is die woorde van twee jongmanne van die bendegetreisterde Sherwoodpark.

Volgens Shogan Braaf en Jameel ­Leonard was hulle eers vier wat een oggend op die hoek van die landjie grond gestaan en besluit het hulle kan dit mos bewerk en mooi maak. Volgens Braaf en Leonard het die ander twee intussen werk gekry en gaan hulle maar voort.

“Ten spyte van baie uitdagings het die polisie ons reeds verskeie kere kom skud en sê ons steek vuurwapens en dwelms hier weg. Ja, hier is baie aktiwiteite, maar nie almal is bendelede nie,” vertel hulle. “Ons moes ook reeds verskeie kere vir die koeëls koes, maar dit motiveer ons net meer om ‘n verskil te maak. Ons gemeenskap ondersteun ons en baie van die plante kom reeds uit die gemeenskap,” vertel die twee trots.

“Ons leen hier en daar gereedskap,”sê hulle en wys na die stukkende kruiwa waarmee hulle sukkel.

Volgens die wykraadslid Moosa Raise was hy reeds in kontak met die manne en kyk na maniere hoe hulle bygestaan kan word.

Volgens Moosa gaan hy die span met behoorlike gereedskap help en kyk hoe die stad die twee kan bystaan.

Volgens die subraad 1-voorsitter Allister Lightburn is dit ‘n riem onder die hart om te sien hoe dié twee jongmanne ‘n verskil in hul omgewing maak.

Lightburn erken die gebied het baie probleme met bendegeweld en sê dit is net om die draai waar die 15-jarige Nikita onlangs doodgeskiet is.

“Ek sal ook toesien dat organisasies die groep ondersteun.”

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026
    WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026

Gift this article