Madelaine Goodall en haar span het inwoners van Willowpark in Pella met warm kos bederf.

Willowpark ‘bly vergete’


Baie raadslede het gekom en gegaan, “maar ons omstandighede het nie verander nie”, vertel inwoners van Willowpark in Pella. Dié inwoners woon al jare hier in haglike omstandighede en sonder water- en sanitasiedienste.

“Hier was verskillende raadslede wat elke keer net beloftes kom maak het en ons is keelvol vir hulle,” het Tammy Matroos gesê. Volgens Ridwan Madatt is hulle ook met geweld deur die rooimiere van die grond probeer verwyder, maar inwoners het saamgestaan.

Volgens Madeliane Goodall van PMC het sy en haar span inwoners met warm kos gaan verras toe sy die omstandighede waaronder inwoners moes lewe, sien.

Sy het met verskillende inwoners gepraat en dit was skokkend wat hulle haar vertel het. Die feit dat hulle vertroue in raadslede verloor het, moet reggestel word word bloot omdat hul omstandighede nie langer ignoreer kan word nie,” verduidelik sy.

Madelaine Goodall by Tammy Matroos en Ridwan Madatt.
Madelaine Goodall by Tammy Matroos en Ridwan Madatt, wat goed keelvol is vir die omstandighede waarin hulle moet oorleef. Foto: Murphy Roberts

Volgens inwoners behoort die grond aan die plaaslike Morawiese kerk en is hulle reeds ingelig dat die Stad Kaapstad nie infrastruktuur daar kan vestig nie.

Volgens Fiona Abrahams, ‘n voormalige proporsionele raadslid vir die gebied, het sy hard probeer om dienste te verskaf.

Volgens Abrahams was sy suksesvol om darem water afgelewer te kry.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026
    WeskusNuus E-Edition – 25 August 2026

Gift this article