Die wetenskaplaboratorium by die Hoërskool Atlantis is onlangs met behulp van Lesedi Nuclear Services opgeknap.

Dié Gautengse maatskappy se uitkyk is dat hulle hul korporatiewe sosiale belegging as ‘n integrale deel van hul onderneming beskou. “Ons is gretig om die rol daarvan as ‘n goeie korporatiewe burger deur verskeie inisiatiewe te omhels en ‘n positiewe invloed op die jeug sowel as die gemeenskappe waarin ons werk, te bewerkstellig.”

Lesedi se navorsing dui daarop dat Atlantis ‘n relatief arm gemeenskap is met 12% van die bevolking wat glad nie ‘n inkomste het nie of van staatstoelaes afhanklik is. Lesedi het daarom die Hoërskool Atlantis as ‘n geleentheid gekies om jongmense toe te rus met behoorlike gereedskap en ‘n veilige ruimte om te leer, asook om te help om ‘n hoëronderwyskwalifikasie te bekom, wat hulle toekomstige werk kan verseker.

Die toestand waarin Lesedi die wetenskaplaboratorium by die Hoërskool Atlantis aangetref het, was nie geskik om deur leerders gebruik te word nie en het dringende ingryping vereis om te verseker dat dit in ‘n baie beter en bevorderlike toestand vir onderrig en leer was, sodat leerders kan floreer.

Lesedi het die hoërskool van ‘n volledig funksionele en toegeruste rekenaarlaboratorium voorsien, wat onderwysers sal help om betekenisvolle gehalte-onderwys aan leerders te bied.

Die laboratorium soos wat dit nou daar uitsien. Foto: Lesedi

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article