Murphy Roberts
Klere-kettingwinkels in Atlantis is die afgelope tyd deur vermoedelik ‘n sindikaat van duisende rande se klere besteel. Volgens kapt. Lisa Munro, ‘n polisiewoordvoerder, het ‘n groep vroue en ‘n paar mans op Saterdag 18 Oktober by ‘n bekende klerewinkel in die sentrum ingestap en op slinkse wyse ongeveer R15 000 se klere en onderklere gesteel.
Beeldmateriaal van veiligheidskameras wys hoe die groep ewe gerus uit die winkel stap sonder dat enigiemand onraad vermoed.
Die groep kom vermoedelik van oral op die Kaapse Vlakte.
Die polisie het van die klere in Mamre gekry. Volgens Munro is ‘n vrou aangekeer, maar weer vrygelaat. Die bron sê die klere is op sosiale media adverteer. Volgens Munro word ‘n saak van winkeldiefstal ondersoek.



