Murphy Roberts
Kerria Primêr het oor die jare baie hoogtes behaal, het Leone Alexander, die waarnemende hoof van die skool, tydens hul 40ste verjaarsdagvieringe die afgelope Vrydag (25 Julie) gesê.
Volgens Alexander het die skool danksy die toewyding van die opvoeders en leerders op die gebiede van kultuur, akademies en sport al talle hoogtepunte beleef.
Deur die jare het verskillende herders die skool van krag tot krag laat groei.
Een só hoogtepunt was die dag toe die skool hul saal ingewy het.
Alexander het die skool se hoogtepunte tydens ‘n herdenkingsgeselligheid uitgelig. Russel Andrews, ‘n voormalige skoolhoof, het die versekering gegee dat die skool se voedingskema rigting gekry het.
“Ons het ook ‘n nuwe sportveld langs die veeldoelige saal gekry – danksy Andrews se verbintenis om leerders se omstandighede te verbeter,” het Alexander bena-
druk.
“Hy het eenvoudig uit sy pad gegaan en onder sy leierskap het die skool ‘n modelskool geword, met rekenaars wat baie deure vir die leerders geopen het,” vertel sy.
Alexander het weer op sy beurt die opvoeders van die skool
geprys omdat hulle by die skool se morele waardes hou en ook die skool se standaarde handhaaf.
Voormalige opvoeders, voormalige skoolhoofde en beheerliggaamslede is ook geprys vir hul rol in die skool se groei.









