Joshua Dammon kon wel nie voortbou of op sy bronsmedalje tydens die WP-kampioenskap verbeter nie, maar dié leerder van Mamre, wat in Darling skoolgaan, se hart is van goud. Dammon is Sondag hartlik deur die gemeenskap van Mamre terugverwelkom ná die onlangse SA kampioenskap in Germiston. Dammon, wat daar slegs die negende plek kon behaal is egter nie in sak en as nie. “Dit was gewis nie my laaste en sal volgende jaar weer terug wees en die keer baie beter voorbereid wees,” het die 800 m-atleet gesê.
“Die inwoners van Mamre het my verder gemotiveer om nooit op te gee en die verwelkoming dien ook as nog meer inspirasie,” vertel hy.



