Die raadslid Allister Lightburn bedank die Britse waarnemende hoëkommissaris in Suid-Afrika, Lisa ­Weedon, vir haar bydrae vir die opgradering van die Atlantis-traumasentrum. Foto: Murphy Roberts

Hoëkommissaris kom kuier

Die raadslid Allister Lightburn bedank die Britse waarnemende hoëkommissaris in Suid-Afrika, Lisa ­Weedon, vir haar bydrae vir die opgradering van die Atlantis-traumasentrum. Foto: Murphy Roberts

Lisa Weedon, die Verenigde Koninkryk se waarnemende hoëkommissaris in Suid-Afrika, het Atlantis op Dinsdag 4 Augustus besoek om eerstehands kennis te neem van die gemeenskap se uitdagings en die invloed van projekte wat met Britse steun moontlik gemaak is.

Weedon en ‘n afvaardiging het onder meer die Atlantis-traumasentrum besoek, waar sy die onlangs opgegradeerde fasiliteit besigtig het. Die opgraderings is moontlik gemaak danksy finansiering­ wat deur die Britse Hoë Kommissie beskikbaar gestel is.

Plaaslike rolspelers met die waarnemende Britse  hoëkommissaris in Suid-Afrika
Plaaslike rolspelers met die waarnemende Britse hoëkommissaris in Suid-Afrika, Lisa Weedon by Atlantis polisie stasie. Murphy Roberts

Tydens haar besoek het Weedon met personeel en rolspelers gesels oor die dienste wat die sentrum aan slagoffers van geweld en trauma lewer. Sy het ook navraag gedoen oor watter verdere ondersteuning die Britse Hoë Kommissie moontlik kan bied om die sentrum en die breër gemeenskap te versterk.

Die traumasentrum vervul ‘n belang­rike rol in Atlantis deur ondersteuning en berading aan slagoffers van misdaad, gesinsgeweld en ander traumatiese ­ervarings te bied.

Die besoek het die afvaardiging ook die geleentheid gebied om ‘n beter begrip te kry van die uitdagings waarmee inwo­ners daagliks te kampe het asook die werk wat plaaslike organisasies doen om dié uitdagings die hoof te bied.

Volgens betrokkenes was die besoek ‘n waardevolle geleentheid om bestaande vennootskappe te versterk en moontlike­­ toekomstige samewerking te bespreek, met die fokus op die verbetering van dienste en ondersteuning aan die ­Atlantis-gemeenskap.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 11 August 2026
    WeskusNuus E-Edition – 11 August 2026

Gift this article