Suid-Afrika herdenk Vryheidsdag op 27 April – ‘n herinnering aan die land se oorgang na demokrasie in 1994. Hierdie dag simboliseer nie net politieke regte nie, maar ook die moontlikheid vir ekonomiese deelname vir almal.
Die Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone (Asez) fokus daarop om hierdie belofte waar te maak deur geleenthede te skep, beleggings aan te moedig en ekonomiese insluiting te bevorder – veral binne die groenekonomie.
Asez is ‘n sentrum vir hernubare energie, skoon vervaardiging en sirkulêre-ekonomie-projekte, wat help met werkskepping en vervaardigingsontwikkeling.
“Vryheid gaan nie net oor die reg om te stem nie, maar ook oor toegang tot geleenthede.”
Asez werk veral om gemeenskappe wat in die verlede uitgesluit is, te help om uit groei en ontwikkeling voordeel te trek.
Deur met die regering, sakeondernemings en plaaslike gemeenskappe saam te werk, ondersteun Asez ondernemingsontwikkeling en help mense om werkvaardighede aan te leer. Dit help om ongelykheid te verminder en ‘n sterker, meer volhoubare ekonomie te bou.
Op Vryheidsdag vra Asez almal om te dink hoe ver Suid-Afrika gekom het, maar ook aan die werk wat nog voorlê. Ware vryheid beteken almal kan deelneem en uit ekonomiese geleenthede voordeel trek.
Asez bly toegewyd om ‘n toekoms te bou waar vryheid nie net ‘n idee is nie, maar werklik beleef word deur werkskepping, vernuwing en gedeelde welvaart.
Tot volgende keer, Matt




