ATKV-tak Atlantis se leesgroep puik

Die ATKV-tak van Atlantis se leesgroep.
Die ATKV-tak van Atlantis se leesgroep.

ATKV-tak Atlantis se leesgroep puik

Die ATKV-tak van Atlantis se leesgroep.
Die ATKV-tak van Atlantis se leesgroep.

Die ATKV-tak Atlantis, is al 11 jaar in Atlantis aan die gang en bevorder al langer as sewe jaar lees onder skoolleerders.

Die leesgroep van ongeveer 15 primêre en sekondêre leerders is tydens die onlangse skoolvakansie op ‘n uitstappie na die De Werf geneem.

Die lesers stap vir langer as sewe jaar ‘n pad saam met die tak – sommige het al in graad 1 by die tak se leesgroep aan­gesluit; ander eers graad 5 en 7.

Hul ouderdomme wissel van 7-16 jaar.

Verlede jaar het die leesgroep sy eerste matrikulant opgelewer – Anastacy (Stacy) Hendericks, wat haar nasionale sertifi­kaat aan die Saxonsea Sekondêre Skool verwerf het.

Stacy, soos sy onder haar vriende en familie bekend staan, volg tans ‘n ambags­kursus as elektrisiën in haar eerste jaar by Weskus Kollege.

Volgens Annie Cruwagen, die lees-­­koördineerder van die ATKV-tak Atlantis, is sy al langer as sewe jaar by die leesgroep betrokke. “Ek is baie trots op Stacy se prestasie en die lesers wat so goed in lees gevorder het. Hulle leer nie net lees nie, maar word ook aangemoedig om hul storie aan die groep te vertel.

Behalwe lees, ontvang die groep leer­ders blootstelling in lewensoriëntering, omgewingsbewaring en landbou, wat hulle kennisse verder verbreed.

Die groep is deur Cruywagen na De Werf, ‘n miniwinkelkompleks langs die N7-hoofpad naby Phillidelphia, geneem om nie net te ontspan nie, maar ook om meer van die omgewing te leer.

Die tak en groep se uitstaande prestasies word elke jaar deur die ATKV as een van die beste kinderleesgroepe oor die land heen – uit meer as 80 takke – erken. Volgens Cruywagen behoort die groep oor die volgende twee of drie jaar weer ‘n matrikulant of twee op te lewer ,wat haar baie opgewonde maak.

Dit is nie net ‘n prestasie vir die tak nie, maar ook vir die gemeenskap wat wys wanneer organisasies bymekaar kom jy resultate behaal.

LEES OOK: ATKV vir ‘my taal, my komvandaan’

NovaNews WhatsApp channel QR code
Kategorieë:

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 27 Oktober 2026
    WeskusNuus E-Edition – 27 Oktober 2026

Gift this article