Misdaad | Crime
Misdaad | Crime

Tiener verskyn in hof vir besit van onwettige vuurwapen


ATLANTIS – Die waaksaamheid van lede van die Atlantis misdaadvoorkomingseenheid het gelei tot die in hegtenisneming van ’n 15-jarige seun vir die besit van ’n onwettige vuurwapen op Sondagaand 5 April.

Die onwettige vuurwapen. Foto: SAPD

Volgens die polisiebestuur was die lede besig met misdaadvoorkomingspatrolle in Bunting Crescent toe hulle ’n groep mense op die hoek opmerk. Toe die lede naderkom, het een persoon probeer wegvlug.

Een polisielid het die vlugtende verdagte gejaag en hom in hegtenis geneem met ’n 9 mm-pistool in sy besit.

Die 15-jarige is vir die besit van ’n onwettige vuurwapen in hegtenis geneem en sal Dinsdag 7 April in die Atlantis-landdroshof verskyn.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026
    WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026

Gift this article