Inwoners gee inligting oor man met versteekte wapen

Sers. Elroy Damonse en konstabels Timothy Daniels, Jamy Fisher en Arlene Hector. Foto: SA Polisiediens

Murphy Roberts

Die Atlantis-polisie het vinnig reageer nadat inligting oor ‘n versteekte vuurwapen ontvang is.

Volgens kapt. Lisa Munro, ‘n woordvoerder van die Atlantis-polisie, is lede verlede Maandag (16 Maart) laatmiddag na ‘n Wendy-huis in Hoopsingel ontbied nadat die inligting ontvang is.

Munro sê die polisielede het die huis deursoek en die vuurwapen onder ‘n matras gevind.

Die 45-jarige huiseienaar is op die toneel in hegtenis geneem, het sy bevestig.

Volgens Munro word die polisie dikwels op sosiale media gekritiseer, maar daar is steeds baie inwoners wat inligting aan die polisie verskaf.

Kol. Mario Thyse, die stasiebevelvoerder van die Atlantis-polisie, sê lede van die gemeenskap word waardeer. “Hulle is die oë en ore van die polisie.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article