Murphy Roberts
Die Atlantis-polisie is steeds op soek na twee vermeende skieters.
Volgens kapt. Lisa Munro, ‘n polisiewoordvoerder, het polisielede verlede Sondag (1 Maart) naby die Dura-woonstelle patrollie gedoen, toe verskeie skote afgevuur is.
Volgens Munro het die twee skieters, nadat hulle iemand doodgeskiet en nog iemand gewond het, hul vuurwapens laat val en gevlug toe die polisie die toneel
nader. Die twee vermeende skieters het egter gevlug en sonder die moordwapens weggekom.
Volgens Munro is een van die vuurwapens byna 30 jaar gelede in Temba in die Oos-Kaap as gesteel aangemeld.
Die bendeverwante voorval word ondersoek en klagtes van moord en po- ging tot moord word ondersoek.
Die polisie vra ook dat enigiemand met inligting oor die voorval sers. Elo Hendricks by 021 578 5700 kontak.





