10 gesinne is dakloos gelaat nadat vlamme 10 hokkies tot op die grond afgebrand het. Murphy Roberts

Tien gesinne dakloos nadat wind vlamme blitsig aanjaag

10 gesinne is dakloos gelaat nadat vlamme 10 hokkies tot op die grond afgebrand het. Murphy Roberts

Murphy Roberts

Inwoners van Witsand kon verlede Donderdag (16 Oktober) net verslae toekyk hoe vlamme ongeveer 10 informele hokkies verteer het.

Die brand het vermoedelik op die tweede vloer van ‘n dubbelverdiepingstruktuur begin en baie vinnig deur die nedersetting versprei.

‘n Sterk wind dié dag het ook die vlamme aangehelp.

Brandweerpersoneel was vinnig op die toneel, maar die wind het enige poging om die vlamme te blus, gestuit.

Volgens die wyksraadslid Moosa Raise is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie.

Volgens Raise het die Stad Kaapstad by die Nasionale Departement van Menslike Nedersetting om noodpakkette aansoek gedoen, maar dit was onduidelik wanneer dit sou opdaag.

Hy het gesê Eskom sou intussen die beskadigde elektriese toevoer na die buurt herstel en beveillig het.

Volgens Raise het Gift of the Givers en die Atlantis Rotariërs ook intussen ingespring en noodsaaklikhede aan die slagoffers oorhandig.

Volgens een slagoffer bly hulle tydelik by familie.

Sy soebat dat leiers dringend aandag aan hul penarie moet skenk.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026
    WeskusNuus E-Edition – 12 May 2026

Gift this article