Nuut by Atlantis

Kol. Mario Thyse verwelkom Kapt. Estelle Farmer terwyl kapt. Rodney Roos, waarnemende speurhoof, toekyk. Foto: Murphy Roberts

Murphy Roberts

“Ek is passievol oor die regstelsel en glo in wat reg is,” sê kapt. Estelle Farmer.

Kapt. Farmer het op Donderdag 9 Oktober by die Atlantis-polisie, waar sy haar loopbaan oorspronklik in 1995 begin het, by die speurtak ingeval.

Volgens kol. Mario Thyse is hy opgewonde oor wat sy met haar ondervinding en ervaring na die tafel gaan bring.

Hy is ook opgewonde oor nog ‘n nuwe speurder wat ook binnekort by die span sal aansluit.

Volgens Thyse gaan twee uniformlede ook by die Vispol-span aansluit, wat dit altesaam vier nuwe lede maak.

Kapt. Farmer glo misdaad kan nie die gemeenskap gevange hou nie. “Inwoners het die reg om te loop waar hulle wil en wanneer hulle wil.”

Sy het in 1995 in Atlantis vinnig opgang gemaak en is in 2007 tot adjundant-offisier by die Paarl-kinderbeskermingseenheid bevorder.

Sy het tot 2015 hier gewerk.

“Ek is in 2016 weer aangestel en is in 2022 tot kaptein bevorder.

“Ek het ook in verskillende afdelings van die polisie gewerk en glo met my streng werksetiket kan ek wel ‘n verskil maak,” vertel die nuwe speurkaptein.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026
    WeskusNuus E-Edition – 28 April 2026

Gift this article