Trio se eerste rugbyspan het Voortekker Saterdag in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks oortuigend met 33 – 5 geklop. Hier is WJ van Niekerk van Trio in aksie.
Trio se eerste rugbyspan het Voortekker Saterdag in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks oortuigend met 33 – 5 geklop. Hier is WJ van Niekerk van Trio in aksie. FOTO: Verskaf

Groot sportgees en hope opwinding het op Saterdag 9 Mei in Kroonstad geheers toe die Hoërskool Trio en Bethlehem Voortrekker Hoërskool mekaar in die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks gepak het.

Ondersteuners het vroeg reeds langs die velde en bane saamgedrom om topgehalte rugby, netbal en hokkie te beleef.

Damain Henderson van die Hoërskool Trio in Kroonstad se eerste span is hier in aksie op die 
hokkiebaan.
Damain Henderson van die Hoërskool Trio in
Kroonstad se eerste span is hier in aksie op die
hokkiebaan. Trio het Voortrekker met 1 – 0 geklop. FOTO: Verskaf

Trio se eerste rugbyspan het die tuisskare laat juig toe hulle Voortrekker oortuigend met 33 – 5 afgeransel het. Die Kroonstad-span het van die eerste minuut af die pas aangegee, hard verdedig en met skitterende afronding die besoekers onder druk geplaas.

Trio het verder sterk in die junior afdelings vertoon en oorwinnings in die o.14B-, tweede- en derdespanwedstryde behaal.

Voortrekker het egter op die netbalbane teruggeslaan. Die Bethlehem-skool se eerstespan het met selfvertroue gespeel en Trio met 37 – 24 geklop. Die besoekers het ook die meeste junior wedstryde gewen en hul diepte in die sport beklemtoon.

In die seunshokkie het Trio se eerste span ‘n taai wedstryd met 1 – 0 beklink. Die tuisspan het met dissipline verdedig en elke kans benut om druk op Voortrekker toe te pas. Voortrekker se eerste meisiehokkiespan het egter die laaste sê gehad toe hulle Trio met 3 – 1 uitstof.

Die sportdag het weer die trotse sporttradisie tussen die twee skole beklemtoon.

Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het die afgelope naweek weer die streek se sporttalent ten toon gestel.

Ander uitslae was soos volg:

Rugby

■ o.14A: Voortrekker klop Trio met 29 – 15;

■ o.14B: Trio verniel Voortrekker met 51 – 0;

■ o.15A: Voortrekker troef Trio met 16 – 7 af;

■ o.15B: Voortrekker seëvier met 14 – 7;

■ o.16A: Voortrekker wen ‘n naelbyter met 33 – 29;

■ o.16B: Voortrekker oorrompel Trio met 52 – 0;

■ Tweede span: Trio stap weg met ‘n 24 – 14 oorwinning; en

■ Derde span: Trio voltooi ‘n 24 – 12 sege.

Netbal

■ o.14A: Voortrekker wen met 17 – 13;

■ o.14B: Voortrekker stap weg met ‘n 18 – 12 oorwinning;

■ o.14C: Voortrekker oorheers met 27 – 9;

■ o.15A: Voortrekker klop Trio met 17 – 13;

■ o.15B: Trio wen ‘n spannende wedstryd met 13 – 12; en

■ o.15C: Trio beklink ‘n noue 11 – 10 oorwinning.

■ o.16A: Trio 13 – 33 Bethlehem Voortrekker

■ o.16B: Trio 13 – 21 Bethlehem Voortrekker

■ Tweede span: Trio 10 – 25 Bethlehem Voortrekker

■ Derde span: Trio 11 – 25 Bethlehem Voortrekker

Hokkie: Seuns

■ o.14A: Trio troef Voortrekker met 6 – 1 af;

■ o.16A: Trio wen met 4 – 2; en

■ Tweede span: Trio oorrompel Voortrekker met 9 – 0.

Hokkie: Meisies

■ o.14A: Voortrekker wen met 1 – 0;

■ o.14B: Trio seëvier met 3 – 0;

■ o.16A: Voortrekker klop Trio met 2 – 1; en

■ o.16B: Voortrekker storm na ‘n 8 – 0 oorwinning.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article