Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het die afgelope naweek weer die streek se sporttalent ten toon gestel.
Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het die afgelope naweek weer die streek se sporttalent ten toon gestel.

Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het die afgelope naweek weer die streek se sporttalent ten toon gestel.

Op die rugbyveld in Kimberley het die Hoërskool Diamantveld die Hoërskool Voortrekker se eerste span met 59 – 20 geklop. Al Diamantveld se rugbyspanne – behalwe vir o.14B en o.14C – het as wenners van die veld gestap.

Op die hokkieveld het Voortrekker se eerste seunsspan met 3 – 1 gewen, terwyl die meisies hul wedstryd met 8 – 0 gewen het.

In die netbal het Voortrekker se eerstespan met 34 – 20 geseëvier.

Voortrekker sal in die volgende ronde bepalings teen die Hoërskool Trio van Kroonstad te staan kom.

Die Hoërskool Witteberg van Bethlehem het teen die Hoërskool Jim Fouché (JF) in Bloemfontein te staan gekom.

Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks het die afgelope naweek weer die streek se sporttalent ten toon gestel.
In bepalings van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks die afgelope naweek het die spanne van die Hoërskool Witteberg van Bethlehem teen dié van die Hoërskool Jim Fouché van Bloemfontein te staan gekom. Hier is die eerste netbalspanne van die skole in aksie in hul kragmeting wat Saterdag in Bloemfontein plaasgevind het. FOTO: Verskaf

JF het 14 van 16 netbalwedstryde gewen, en net een gelykop gespeel. Witteberg het op die hokkieveld beter gevaar. Die meisiespanne het drie wedstryde gewen, en die seunspanne het goed verdedig.

In die rugby het Witteberg ses van nege wedstryde gewen; die eerstespan het met 24 – 19 verloor.

Die Hoërskool Fichardtpark van Bloemfontein het teen Trio al die o.14-, o.15- en o.16-wedstryde oortuigend gewen, en die eerstespan het die stryd met 41 – 30 gewen.

Op die hokkieveld het Trio ‘n 6 – 1 oorwinning van die eerste meisiespan, terwyl die eerstespan seuns met 2 elk geëindig het.

In ‘n titaniese wedstryd het die Fichie Leeus die eerstespan van Trio met 22 – 19 getroef, en van begin tot einde het spanning en adrenalien geheers.

Met die skole wat nou sal fokus op hul sporttoere in die vakansie, sal Wesgrow-aksie ná die skoolvakansie hervat word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article