'n Kunswerk van William Onker.
‘n Kunswerk van William Onker. FOTO: Facebook / Apollo Theatre Victoria West

Victoria-Wes sit dié lente die ‘kunste’ in kunstefees


Die Victoria-Wes Kunstefees vind van 5 tot 12 September by die Apolloteater in Kerkstraat plaas, en ‘n vol program word in dié tydperk aangebied.

‘n Straatmark en kuiergeleentheid word die eerste Saterdag van 09:00 tot 15:00 by die teater gehou. André Swiegers tree op dié Saterdag hier op; terwyl Rocco de Villiers op Saterdag 12 September op die verhoog sal wees.

Verwag ook ‘n boekbekendstelling met ‘n voorlesing uit Daniël Lötter se boek, Douwenis, en Elsabé Bester se Belowe my.

Steyn Fourie, asook Loxton se Dorpsnare, tree op as deel van die snoekbraaigeselligheid wat by die gholfklub gehou word.

Verskeie werkswinkels – onder meer een waar volwassenes hul hand aan pottebakkerskuns kan waag en ‘n skeppende kleiwerkswinkel vir kinders – word by die teater aangebied.

‘n Kinderteater en ‘n kuns- en fotografiewedstryd is ook op die program.

Vir meer inligting, bel Hanlie Swart by 083 354 9210, of besoek Apollo Theatre Victoria West op Facebook.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article