Parklands Ongeluk
Die voertuig het deur ‘n boom gebars en op die muur tot stilstand gekom.

Luukse voertuig ploeg deur muur in Parklands


‘n Skare het Maandagmiddag (20 Julie) buite ‘n woonstelgebou in Parklands-hoofweg, Parklands, saamgedrom waar ‘n luukse nutsvoertuig kort tevore deur ‘n grensmuur geploeg het.

Die voertuig, ‘n wit Mercedes-Benz AMG 4Matic, het glo teen ‘n spoed deur die muur geploeg en bo-op die muur tot stilstand gekom. Op foto’s van die toneel kan gesien word hoe die voertuig ook dwarsdeur ‘n boom langs die pad geploeg het. ‘n Gedeelte van die boom lê bo-op die dak. Die deur van die voertuig is ook af.

Volgens inligting is niemand in die voorval beseer nie.

Parklands Ongeluk
‘n Gedeelte van die boom lê bo-op die voertuig se dak.

Jermaine Carelse, woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdienste, sê hulle het omstreeks 16:55 ‘n oproep ontvang oor ‘n voertuig wat deur ‘n muur geploeg het.

Hy sê brandweerspanne van Milnerton het op dié oproep gereageer. “Met hul aankoms het hulle bevestig dat ‘n motor deur ‘n grensmuur geploeg het, en dat die bestuurder gevlug het,” sê hy.

Carelse sê die polisie was op die toneel.

LEES OOK: Twee sterf in vragmotor-ongeluk op N7-snelweg buite Kaapstad

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article