Vroulike voetganger (37) dood nadat voertuig haar in Goodwood tref

Goodwood Police Station
Ter illustrasie

Vroulike voetganger (37) dood nadat voertuig haar in Goodwood tref


Die Goodwood-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag ná die dood van ‘n voetganger vroeër vandeesweek in dié gebied.

Die voetganger is Sondag 21 Junie op die hoek van Surreystraat en Voortrekkerweg, Goodwood deur ‘n voertuig raakgery. Die omstandighede rondom die voorval is nog onduidelik. Foto’s daarvan is op sosiale media gedeel. Daarin kan gesien word hoe die bedekte lyk van ‘n persoon in die middel van die straat lê terwyl omstanders toekyk.

Identiteit

Kol. Shawn van Wyk, polisiebevelvoerder, sê die oorledene is geïdentifisser as Siphokazi Baloyi (37) van Khayelitsha.

Abdallah Sydney, voorsitter van die Goodwood-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê al inligting wat hulle het sover, is dat die slagoffer ‘n vrou is en dat sy oorlede is. “Al wat ons in die stadium weet is dat die polisie ‘n saak van strafbare manslag geopen het,” sê hy.

Sydney sê die vrou het glo in aankomende verkeer geloop, maar bygevoeg dat talle gerugte oor die voorval die rondte doen.

Die spoedgrens in die omgewing van die ongeluk is 60km/h.

Ondersoek

Van Wyk sê die slagoffer het glo die straat probeer oorsteek toe sy deur ‘n voertuig raakgery is. Sover is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, en die ondersoek duur voort, sê hy.

LEES OOK: Nuwe LED-straatligte in Woodlands-rylaan, Richwood aangebring

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article