Die Wes-Kaapse polisie sê ´n motor wat in Goodwood gekaap is, is vandeesweek in Elsiesrivier teruggekry.
Thembakazi Mpendukana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê twee manlike verdagtes is in verband met die voorval in hegtenis geneem en dat hulle in die Goodwood-landdroshof sal verskyn sodra hulle aangekla is.
Lede van die polisie se blitspatrollie het Woensdag omsteeks 23:15 die gekaapte voertuig, ´n swart Proton, in Voortrekkerweg gewaar met vier insittendes daarin. Hulle het die voertuig, wat onderweg was na Elsiesrivier, dadelik agternagesit.
Jaagtog
Mpendukana sê die bestuurder van die gekaapte voertuig het beheer daaroor verloor, waarna dit by die hoek van Avonwood-weg en Francie van Zijl-rylaan in Elsiesrivier gebots het. Die verdagtes het toe te voet in verskeie rigtings probeer vlug en is deur die polisie agternagesit. Ná ´n lang jaagtog kon hulle egter daarin slaag om twee van die verdagtes — ´n 37- en 41-jarige — suksesvol aan te keer.
Mpendukana sê met verdere ondersoekwerk is daar op ´n ongelisensieerde vuurwapen binne die gekaapte voertuig afgekom.
LEES OOK: Bewaarder ‘met kondome, sekspille, dwelms en selfone betrap’





