POFADDER – Om Namakwaland se veldblomseisoen te vier en daarmee saam blommekykers aan plaaslike produkte, lekker kontreikos en sout van die aarde mense voor te stel, vind die “behoorlike” en weeklange Pofadder Boeremark eersdaags plaas.
Meer as 25 uitstallers met unieke produkte is deel van diรฉ span talentvolles, makers en dromers by die mark wat vir die eerste maal plaasvind.
“Mense wat vroeg opstaan, met hul hande werk, stik, sny, bak, plant, maak of grootmaak,” lei ‘n inskrywing op die mark se Facebook-blad oor diรฉ handgemaakte en tuisgebakte produkte uit boervrouens se kombuise en huise.
Dit sluit onder meer gebreide, gehekelde en gebottelde produkte in, asook skaapvelpantoffels, en kosprodukte soos skaapstertjies, afval, suurdeegbrood, lamsvleis en skuinskoek. Boonop sal kontreikos soos skaapskenkelpastei met ingelegde kwepers, boontjiebredie, roosterkoek, lewerkoekies, afval en regte moerkoffie daagliks tydens die mark bedien word.




‘n Kruiewerkswinkel word aangebied, asook een om self seep te maak.
Vir Sondagkos word skaapboud, rys, pampoenpoffers, romerige groenboontjies en malvapoeding voorberei, en hierdie ete kan by die mark geniet word, of as ‘n wegneemete bestel word.
“Die Boesmanlandse vrouens is so talentvol en my hart is om sommer net ‘n platform te skep waar hulle hul liefde en talente kan uitleef. En ons sit op ‘n lieflike hoofpad vir mense wat Namakwaland toe ry vir blommekyk – ons wil hulle so ‘n oomblik in Pofadder laat vertoef en kuier,” vertel Marli Visser.
- Die mark vind van 09:00 tot 16:00 vanaf 15 tot 22 Augustus in die landbou-unie se saal in Pofadder plaas. Die saal is langs die N14 in die dorp geleรซ, en aanwysingsborde en vlaggies sal die presiese ligging aandui.
- Stuur ‘n WhatsApp-boodskap aan Visser by 078 320 2272 of skryf aan boesmanland.langtafel@gmail.com vir meer inligting, of besoek Pofadder Boeremark op Facebook.
Namakwaland dra reeds blommekleed
Intussen het die eerste tekens van Namakwaland se wรชreldberoemde veldblomseisoen reeds verskyn, en die Namakwa- Nasionale Park vertoon reeds helder kleure, sรช Genevieve Maasdorp, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) in die Ariede Streek.
Die blommeprag is nog in sy beginfase, met gunstige weerstoestande soos vroeรซ winterreรซn en deurlopende koeler temperature wat die Namakwaland in kleurvolle matte van lenteblomme omskep het.
Besoekers aan die Namakwa- Nasionale Park kan tans ‘n verskeidenheid blomspesies waarneem, insluitend die bittergousblom, bergmagriet, soetgousblom, Namakwalandse madeliefie, sambreeltjies, bokbaaivygies, glansogies, blou en wit sporries, wit-soe, verskeie surings, duikerwortel en verskeie kleurvolle vygiespesies.
In sommige gebiede is die blomme nog nie wydverspreid nie, wat ‘n teken is dat die blommeseisoen nog momentum kry.
Indien die huidige weerpatroon voortduur, kan die landskap oor die komende weke al hoe kleurryker word.
Na verwagting sal die jaarlikse blomseisoen tussen middel-Augustus en middel-September sy hoogtepunt bereik, afhangende van gunstige weerstoestande.
Vir die beste blommekykervaring beveel SANParke aan om die park op sonnige dae te besoek wanneer temperature 18ยฐC โโof hoรซr is, aangesien die meeste blomme in warm sonlig ten volle oopgaan.
- Besoek SANParks – Namaqua National Park vir meer inligting, en ook Namakwa Toere.









You must be logged in to post a comment.