‘n Ongeluk het Dinsdagoggend op die R311 buite Riebeek-Wes duskant die PPC-aanleg se ingang plaasgevind waarin ‘n swaarvoertuig betrokke was.
Volgens inligting, het ‘n band van die vragmotor wat koring in die rigting van Riebeek-Wes vervoer het, vermoedelik gebars. Die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, Thembakazi Mpendukana, het bevestig die polisie is bewus van die ongeluk.
“Geen kriminele saak is vir verdere ondersoek geopen nie, hoewel die ongeluk by die polisie gerapporteer is.”
Volgens die Riebeek-Wes-polisiekantoor is die verkeer tydelik ontwrig nadat ‘n vrag koring oor die twee bane versprei gelê het. Opruimingswerk was vir ‘n geruime tyd onderweg. Die polisie kan in die stadium geen verdere inligting oor die ongeluk bekend maak nie, en het ook nie op navrae wat verband hou met die presiese omstandighede wat tot die voorval gelei het, watter voertuie by die ongeluk betrokke was en of daar ernstige beserings aangemeld is, reageer nie.
LEES OOK: PPC sê nuwe aanleg ’n moet





