Agri Malmesbury vereer boere by jaarlikse Koring- en kanolakompetisie

Van links staan die voorsitter van Agri Malmesbury se koringstudiegroep, Gielie Bester, Dirk Lesch, Johan Smuts, Neels Neethling en Jan-Ernst Terblanche kort nadat die wenners in vanjaar se koring- en kanolakampkompetisie bekendgemaak is.

Agri Malmesbury vereer boere by jaarlikse Koring- en kanolakompetisie

Van links staan die voorsitter van Agri Malmesbury se koringstudiegroep, Gielie Bester, Dirk Lesch, Johan Smuts, Neels Neethling en Jan-Ernst Terblanche kort nadat die wenners in vanjaar se koring- en kanolakampkompetisie bekendgemaak is.

Agri Malmesbury se koringstudie­groep het op Woensdag 23 September sy jaarlikse Koring- en kanola­kampkompetisie aangebied.

Die prysuitdeling het na afloop van die besigtiging van die kampe van ingeskrewe lede in die landbousaal plaasgevind.

Louis Coetzee, die bedryfsbestuurder by Agrimark se graanafdeling, het vanjaar die Yara-wisseltrofee én die Nitrophoska-wisseltrofee aan die onderskeie wenners oorhandig. Volgens Coetzee vorder die studiegroep al vir dekades lede se produksierekords in wat geslagte lank aankom. In die laaste twee dekades het die Malmesbury-koringstudie­groep oor die 170 000 ha se produksie-inligting ontvang, wat onder meer elke insek, wat gespuit is, tot elke kultivar geplant, insluit. “Dit is ‘n waardevolle bron van inligting.”

Die kompetisie vir die beste bruto marge per hektaar word met die Yara-wisseltrofee (MEO) vir die mees ekonomiese opbrengs beloon. Die kampe gaan volgens Coetzee nie net oor die opbrengs nie, maar ook oor die winsgewendheid.

Die drie beste kampe wat vir vanjaar se kompetisie in aanmerking gekom het, was verlede jaar elkeen kanolakampe, wat tussen 17 en 25 April geplant is en oor dieselfde kultivar beskik het. “Elk­een se opbrengs was 2,7 ton per hektaar (t/ha) en hoër,” sê Coetzee.

Dirk Lesch van Elim is in die derde plek aangewys vir die kamp met die beste bruto marge. Gielie Bester van Majuba was die naaswenner in dié afdeling.

koring- en kanolakompetisie
Agri Malmesbury se koringstudiegroep het op 23 September hul jaarlikse Koring -en Kanolakampkompetisie aangebied. Die prysuitdeling het na afloop van die besigtiging van kampe deur lede ingeskryf, in die landbousaal plaasgevind. Foto: Richard Hewett

En die wenner is . . .

Die wenkamp, wat die vroegste van almal geplant is, het ‘n opbrengs van ­3 t/ha gelewer en behoort aan Johan Smuts van Kersfontein, aan wie die Yara-wisseltrofee toegeken is. Die Nitrophoska-wisseltrofee vir die beste bruto marge per hektaar vir wisselbou oor die laaste vier jaar is aan Dirk Lesch toegeken, wat ‘n wisselboustelsel van koring-koring-kanola toegepas het.

Rudi Wium (Wenkem) en Neels Welman (WKG) het op hul beurt die Wes-Kaap Graanprodusente Beperk (WKG)-wisseltrofee oorhandig. Volgens Wium was dit nie ‘n maklike taak om die ­koringkampe te beoordeel nie.

Hulle het aanvanklik erger verwag gegewe vanjaar se weersomstandighede, maar was aangenaam verras deur die mooi kampe wat besigtig is. Die kriteria wat gebruik word, is onder andere on- kruid, insek- en swambestuur, biomassa asook algehele indrukke. Stephen Steyn van Soutfontein is derde met Johan Smuts, wat in tweede plek aangewys is. Jan-Ernst Terblanche van die plaas Driefontein (Eben Schellink) is die algehele wenner van dié trofee.

Stephan van der Berg van Soill het die kanolakampwenners na vore geroep. “Onder omstandighede het ons uitstekende kampe kanola gesien.

Ons het gekyk na onkruidbestuur wat oral redelik goed was, swamdruk, insekbeheer, groei van die plante en die opbrengspotensiaal wat die meeste punte getel het.”

Neels Neethling
Neels Neethling staan in sy kanolakamp en boonop die wenkamp op die plaas Morester. Foto: Richard Hewett

AJ Louw van die plaas Tweekuil was derde, Gielie Bester tweede en Neels Neethling van Morester in eerste plek wat die Soill-wisseltrofee toegeken is. Volgens Van der Berg het Neethling se kamp by verre uitgestaan.

LEES OOK: Swartland-koringboere vra gelyke speelveld midde-in kommer oor droogte

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article