Kristoff Abrahamse is die afgelope naweek saam met Paul Julius en Chandre Daniels in ‘n motorbot­sing oorlede.

Nag word nare nagmerrie ná drie in botsing sterf

Kristoff Abrahamse is die afgelope naweek saam met Paul Julius en Chandre Daniels in ‘n motorbot­sing oorlede.

Die aand van 3 Oktober het ­vinnig in ‘n nagmerrie ontaard nadat drie plaaslike inwoners van Malmesbury in ‘n angswekkende motorvoertuigongeluk gesterf het. Die ongeluk het die afgelope Saterdag­­aand omstreeks 23:45 in Bokomoweg gebeur.

Volgens inligting beskikbaar was vier ­insittendes in ‘n rooikleurige ­Volkswagen glo uit die middedorp in die rigting van Wesbank onderweg toe die ongeluk gebeur het, voeg Sers. Henry du Randt, ‘n woord­voerder vir die Malmesbury-polisiekantoor by.

“Die Volkswagen het na bewering by die verkeerslig reg by Nova ­Voere se hoofingang teen ‘n swart Toyota ­­gebots. Die bestuurder van die Toyota het in daardie oomblik glo beheer oor die voer­tuig verloor en ‘n stilstaande vragmotor getref.”

Drie mense is weens die slag van die dubbele botsing oorlede, terwyl ‘n vierde die voorval oorleef het, het Du Randt bevestig. “Die oorlewende is later deur familielede na die Swartland-hospitaal geneem. Dit is in hierdie stadium onduidelik wat die toestand van die oorlewende is, hoewel die insittendes van die voertuig, wat teen die stilstaande trok gebots het, ligte tot geen beserings nie opgedoen het.

Kristoff Abrahamse, beter bekend as Kribo, is saam met Chandre Daniels en Paul Julius in die ongeluk dood. Volgens die polisie was Daniels en Julius familie van mekaar.

Paul Julius (links) en Chandre Daniels het ook in die ongeluk omgekom.
Paul Julius (links) en Chandre Daniels het ook in die ongeluk omgekom.

Die Swartland-munisipaliteit het Abrahamse in ‘n huldeblyk as ‘n toegewyde lid van die wetstoepassingspan beskryf. “Dit is met skok en hartseer dat Swartland-munisipaliteit verneem het van die afsterwe van ons kollega Kristoff “Kribo” Abrahamse, die afgelope naweek. Kristoff was deel van die Swartland-munisipaliteit se wetstoepassingsafdeling en was een van die eenheid se K9-hanteerders. Kristoff werk sedert 1 Julie 2019 by die Swartland-­munisipaliteit. Hy was ‘n toegewyde lid van die span en sal baie gemis word.

“Ons innige simpatie met en medelye aan sy familie en vriende.”

LEES OOK: Malmesbury teen (16) linked to 764 network found fit to stand trial

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article