Die matrieks van die Hoërskool Swartland omhels mekaar vir die laaste keer kort voordat dié leerders die skool se terrein ter voorbereiding van die nasionale seniorsertifikaat-eksamen verlaat. Foto’s: Annique Albertyn

Matrieks groet op laaste skooldag

Die matrieks van die Hoërskool Swartland omhels mekaar vir die laaste keer kort voordat dié leerders die skool se terrein ter voorbereiding van die nasionale seniorsertifikaat-eksamen verlaat. Foto’s: Annique Albertyn

Matrieks in die Swartland het Vrydag, 9 Oktober hul laaste amptelike skooldag met gemengde emosies begroet.

Ongeveer 71 300 voltydse matriekleerlinge in die provinsie sal tussen Dinsdag 13 Oktober tot Woensdag 25 November hul nasionale seniorsertifikaateksamen aflê.

Die provinsie het 485 eksamsentrums in werking, bestaande uit 477 hoërskole, sewe primêre skole en een korrektiewe dienste-fasiliteit vir deeltydse leerders.

Ongeveer 2 600 gemeeskapstoesighouers en 3 857 nasienbeamptes is betrokke by die eksamenprosess, met 123 eksamenvraestelle wat geskeduleer is.

Wes-Kaapse onderwysminister Jaco Londt het gesê graad 12-onderwysers, tutors en amptenare het hard gewerk om matriekleerlinge voor te berei.

Meer as 31 000 matriekleerlinge het #BackOnTrack-winterskoolklasse bygewoon, en hersieningsklasse is ook gedurende die onlangse derde kwartaal-skoolvakansie gehou.

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het verskeie hulpbronne beskikbaar gestel, insluitend eksamenvraestelle, video-tutoriale, studiegidse en studiewenke.

Londt erken die eksamentyd kan stresvol wees en moedig leerders wat sukkel aan om hulp te soek. Die Veilige Skole-noodlyn op 0800 45 46 47 kan leerders met ondersteuning verbind.

Hy het ouers en gemeenskappe aangemoedig om leerders te ondersteun.

“Dit is julle oomblik. Bly gedissiplineerd en gefokus, julle harde werk sal uitbetaal,” het hy gesê.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article