Zwarries atlete van Hoërskool Zwartkop, Centurion, het tydens die Junie/Julie-vakansie ’n besondere internasionale geleentheid aangegryp. Hulle het aan ’n byeenkoms in Rovellasca, naby Milaan, Italië, deelgeneem. ’n Span van 16 Zwarries-atlete het die skool met trots verteenwoordig en waardevolle ervaring op die Europese atletiekbaan opgedoen.
Die dag se prestasies was van hoogstaande gehalte en het die skool se naam met trots op die internasionale toneel geplaas:
- Stefan Otte – Goud – 110m hekkies, seuns o.20
- William de Lange – Goud – 110m hekkies, seuns o.18
- Xian Gouws – Gewigstoot, seuns o.18
- Lara van der Poll – 100m hekkies, dogters o.18
- Mia de Jager – Hoogspring, dogters o.18
Hierdie uitsonderlike vertonings bevestig die hoë standaard van atletiek by Hoërskool Zwartkop. Die skoolgemeenskap spreek sy waardering en trots uit teenoor die Zwarrie atlete wat hul vaardighede en toewyding op internasionale vlak bewys het.
Hierdie deelname aan ’n internasionale byeenkoms bied nie slegs medaljes nie. Dit biedh ook onskatbare blootstelling en ervaring wat jong atlete toerus om met selfvertroue en vaardigheid hul sportloopbane verder te ontwikkel. Hoërskool Zwartkop se prestasies in Italië is ’n bewys van die skool se volgehoue verbintenis tot uitnemendheid in sport.








You must be logged in to post a comment.