Wetenskapskonvensie - Hoërskool TRIO vier uitstaande prestasies
Alexander Goossen en Abigail Visser

Wetenskapskonvensie – Hoërskool TRIO vier uitstaande prestasies


Wetenskapskonvensie. Hoërskool TRIO, Kroonstad, vier met trots die uitstaande prestasies van twee van hul leerders. Hulle het die Graad 11 Wetenskapskonvensie van die Vrystaat bygewoon wat aangebied is deur Noordwes-Universiteit (NWU).

Die konvensie, wat jaarliks die beste jong wetenskaplike denkers byeenbring, het vanjaar ’n groot aantal inskrywings gelok. In hierdie gesogte kompetisie het Alexander Goossen sy plek in die Top 10 verseker. Dit is ’n merkwaardige prestasie wat sy toewyding en talent in die wetenskappe beklemtoon.

Net so het Abigail Visser haar naam gevestig deur in die Top 50 te eindig. Hierdie prestasie het haar die besondere geleentheid gebied om die NWU te besoek. Sy het ‘n eerstehandse blik gekry op die wêreld van akademiese navorsing en wetenskaplike innovasie.

“Alexander en Abigail se harde werk en deursettingsvermoë maak TRIO ongelooflik trots. Hulle is ’n inspirasie vir hul mede-leerders. Dit is ’n bewys dat wetenskaplike uitnemendheid reeds op skoolvlak begin,” het die skoolbestuur gesê.

Die Wetenskapskonvensie bied nie net ’n platform vir jong leerders om hul kennis te toets nie. Dis ook ’n geleentheid om die waarde van kritiese denke, navorsing en probleemoplossing te vier.

TRIO glo dat hierdie prestasies die weg baan vir toekomstige sukses en dat Alexander en Abigail se name nog dikwels in die wetenskaplike arena gehoor sal word.

https://www.triohs.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article