Grey Kollege Primêr se jong kampioen na Wêreldverhoog
Grey Kollege Primêr se jong kampioen na Wêreldverhoog

Grey Kollege Primêr se jong kampioen na Wêreldverhoog


Grey Kollege Primêr is trots om die uitstaande prestasie van Ethan Fourie, ’n graad 3-leerder van net nege jaar oud, te vier. Ethan het sy merkwaardige talent en toewyding getoon toe hy as Vrystaatkampioen in Laser Run gekroon is.

Sy harde werk is verder beloon by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Pietermaritzburg. Hy het daar nie net sy provinsie met trots verteenwoordig het nie, maar ook gekies is vir die Suid-Afrikaanse nasionale span én die aflosspan.

Die volgende groot uitdaging wag: Ethan sal Suid-Afrika verteenwoordig by die Laser Run-wêreldkampioenskappe. Dit vind plaas van 24 Oktober tot 1 November 2026 in Portugal.

Grey Kollege Primêr en die hele gemeenskap wens Ethan alle sukses toe. Die Grey gemeenskap en die Vrystaat glo dat Ethan ’n inspirasie vir jong atlete regoor die land is.

Grey Kollege Primêr se jong kampioen na Wêreldverhoog

https://greycollegeprimary.com/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article