Hoërskool Driehoek is besonder trots op drie van ons Hoekies wat na die volgende rondte van die Oppie Tong Af Redenaarskompetisie deurgedring het. Die semifinale rondte vind van 7 tot 12 September aanlyn plaas.
Jowan Kemp – Graad 9
- Afrikaans Oorredend – Voorbereid
- Afrikaans Oorredend – Onvoorbereid
- Goue Tong
Jani Kemp – Graad 12
- Afrikaans Oorredend – Voorbereid
- Engels Oorredend – Voorbereid
Inamari van Dyk – Graad 8
- Afrikaans Oorredend – Onvoorbereid
Baie geluk aan hierdie drie leerders met hul uitstekende prestasie! Julle harde werk, deeglike voorbereiding en besondere redenaarstalent het vrugte afgewerp.
Ons wens julle alle voorspoed toe met die semifinale-rondte. Mag julle met selfvertroue, oortuiging en welsprekendheid optree en elke geleentheid ten volle benut.

Hoërskool Driehoek is trots op julle, Hoekies!
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.