Wetenskaplike Uitblinker. Leeuwenhof Akademie, Bedfordview het met groot trots aangekondig dat Nathan Moolman, sy talent gewys het by die Eskom Expo. Nathan, Leeuwenhof Akademie se wetenskaplike uitblinker se baanbrekende projek is gekies vir deelname aan die “International Science Fair.” (ISF).
Sy projek, is getiteld “Aerodynamic Optimization of Widebody Aircraft Using Morphing Aerofoils to Reduce CO₂ Emissions.” Dit ondersoek gevorderde tegnologie om lugvaart meer omgewingsvriendelik te maak. Hierdie werk het die aandag van beoordelaars getrek en hom ’n plek besorg by die ISF. Die “International Science Fair” sal plaasvind vanaf 29 September tot 2 Oktober 2026 by die Birchwood Hotel in Gauteng.
Die skoolgemeenskap het hul trots uitgespreek teenoor Nathan met sy prestasie.
Hulle wens hom alle sukses toe vir hierdie besondere geleentheid wat sy talent op ’n internasionale verhoog sal uitlig.
Foto verskaf






