Hoërskool Sentraal, Bloemfontein, stel met trots die nuwe Eie Haard Leerderraad vir 2026/2027 bekend. Hierdie leiers is gekies om met toewyding en verantwoordelikheid die koshuis en stad te verteenwoordig. Ons wens elkeen ’n betekenisvolle en suksesvolle termyn toe.
Leierskapspan:
- Koshuis Hoofseun: BF Wiese
- Koshuis Hoofdogter: Dani Fourie
- Onderhoofseun (stad): Dian van Rooyen
- Onderhoofdogter (stad): Corli Liversage
- Onderhoofseun (koshuis): BF Wiese
- Onderhoofdogter (koshuis): Dani Fourie
- Koshuis Onderhoofleier: Izak Reynolds
- Koshuis Onderhoofleier: Ilanze du Plessis
Met trots en waardering vier Tralies die aanstelling van die nuwe leiers wat die waardes, tradisies en gees van die skool gaan uitdra. Julle dra nie net ’n titel nie, maar ook die verantwoordelikheid om ander te inspireer, te dien en die voorbeeld te stel.
Mag hierdie termyn gevul wees met moed, wysheid en integriteit. Onthou: ware leierskap lê nie in die posisie wat jy beklee nie, maar in die mense wat jy dien.


Hoërskool Sentraal glo in julle en sien uit na die impak wat julle gaan maak!
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.