Vrystaat Farmskills. Goudveld Hoërskool is geëerd om vanaf 27 tot 29 Augustus deel te neem aan die Vrystaat Farmskills Kompetisie. Dit word aangebied by Hoërskool Trio se landbouterrein in Kroonstad. Die leerders het die afgelope tyd ywerig voorbereid en is gereed om hul landbou-vaardighede teen skole regoor die provinsie te toets.

Vrystaat Farmskills - Goudveld Hoërskool pak kompetisie aan
Gouties Deelnemers aan die Vrystaat Farmskills Kompetisie
Kaskarbou-kompetisie

Ruan Terblanche, Arian Botes en Justin Swaine neem deel aan die kaskarbou-kompetisie. Oor ‘n tydperk van twee dae moet hulle ‘n volledige en werkende kaskar bou. Beoordeling geskied op sweistegnieke, netheid, stewigheid en die funksionaliteit van die kaskar.

Draadspan-kompetisie

Dietloff Basson, Zandro Engelbrecht en Dohandré Janse van Rensburg neem deel aan die draadspan-kompetisie, waar hulle ‘n 30 m draad met presisie en effektiwiteit moet span.

Trekkerry-kompetisie

Hannes Taljaard neem deel aan die trekkerry-kompetisie. Hy moet ‘n hindernisbaan voltooi, ‘n waentjie hak en sleep, asook voorwerpe op en af laai.

Bul- en koei-seleksie

Chenike van der Merwe, Owen Bekker, Christiaan Swanepoel en Ruben van Heerden neem deel aan die bul- en koei-seleksie. Hulle moet bulle en koeie volgens ‘n scenario klassifiseer en ‘n lewendige beoordeling doen.

Veemanskap: Konynhantering en -skou

Zené du Plessis en Collin Esterhuizen neem deel aan die konynhantering en -skou. Beoordeling geskied op hantering, kennis, voorbereiding van ‘n konyn vir skou, asook die versorging van die dier.

Veemanskap: Perde-hantering

Elri Coetzee neem deel aan die hantering van perde. Sy moet haar perd voorberei, haar kennis van perdeversorging toon en haar ruitervernuf demonstreer.

Skaaphanterings-kompetisie

Daiden Janse van Rensburg en Nada Pikela neem deel aan die hanteringskompetisie van skape. Hulle moet skape korrek vang en hanteer, die ouderdom bepaal en ‘n gewig-evaluasie doen.

Farming Simulator-kompetisie

Jaydon van Zyl en Ethan Vigliotti neem deel aan die Farming Simulator-kompetisie. Hulle bestuur ‘n volledige boerdery op ‘n virtuele vlak deur middel van ‘n rekenaarspeletjie.

Gras-, onkruid- en veld-identifikasie

Klara Rheeder neem deel aan die gras-, onkruid- en veldidentifikasie-kompetisie. Sy moet ‘n verskeidenheid grasse en onkruide uitken asook ‘n veld-evaluasie doen.

Die skool is uiters trots op elke leerder wat aan hierdie kompetisie deelneem.

“Gouties wens elkeen sterkte toe en vertrou dat hulle Goudveld Hoërskool met trots sal verteenwoordig.”

Goudveld Hoërskool — Waar leerlinge groei en blom.

https://gouties.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article